Verzetspoëzie

In het Afrikaans is ook verzetspoëzie geschreven. Hieronder volgt het gedicht A danger to the state Het is in het Kaaps Afrikaans en komt uit de bundel Aankoms uit die skemer van Mercia Makier uit 1988. Haar bundel wordt ook literair als belangrijk beschouwd en is de eerste gebundelde verzetsstem in het Kaaps Afrikaans.

Het andere gedicht is Die kind van Ingrid Jonker is in Standaardafrikaans. Het is in 1986 in een bundel verschenen, maar circuleerde al eerder. Het wordt als het meest bekende verzetsgedicht beschouwd.

Ik kan beide gedichten niet lezen zonder de rilling te voelen van de diepe kwaadheid en vastberadenheid over zoveel onrecht.


A danger to the state

Ek soek vi Jesus
vannie township
Hy't Hom hie kô wegstiek
by sy vrinne somewhere hie
wannie squad soek Hom oek
cause Hy sê hy's meer lief virrie armes
en worrie nie much van society nie
and that's a danger to the state

Mercia Makier, 1988



Die kind

Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga
Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart

Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Phillipi
waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene* en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgevings
die kind loer deur die vensters van huise
en in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat ‘n reus geword het trek deur die hele wêreld

Sonder ‘n pas

Ingrid Jonker.



Sy is deur ‘n koerantberig wat tydens die 1960 onluste verskyn het, geïnspireer.
Hierdie gedig is sedertdien in agt tale vertaal, o.a. Zulu en Hindi.
* sarasene, Gepantserde polisievoertuie

Uit: Groot Verseboek, 1986, D.J. Opperman (red)